Tien Suid-Afrikaanse ekstrasuiwer olyfolies van oortreffende gehalte is gekies as finaliste vir die 2015 Absa Top 5.
Die mededingers in alfabetiese volgorde is:
- Andante EVOO (Medium)
- Andante Intense EVOO (Intens)
- De Boerin EVOO (Medium)
- De Rustica Mountain Press EVOO (Medium)
- Kransfontein Coratina Olive Oil (Intens)
- Mont Rouge EVOO (Medium)
- Mulderbosch EVOO (Intens)
- Rio Largo Delicate EVOO (Delikaat)
- Tokara Mission Delicate EVOO (Delikaat)
- Tokara Premium EVOO (Intens)
Absa en SA Olive het die Top 5 in 2013 bekendgestel as ‘n aanvulling tot die jaarlikse SA Olive Toekennings. Die kwalifiseerders vir die Absa Top 5 word gekies uit die geledere van die SA Olive Toekennings se presteerders wat die hoogste puntetoekennings ontvang van ‘n paneel gerespekteerde proeërs.
Die uitgelese beoordelaarspaneel het bestaan uit: internasionale olyfoliekenner Mauro Amelio van Italië se nasionale vereniging vir olyfolieproeërs (ONAOO) sowel as die plaaslike olyfoliekenners Gerrie Duvenage, Kelly White, Leonard Arangies, Louise Rabie, Reni Hildenbrand, Robert Claasens en Benedetta Lami. Amelio, wat as paneelleier geakkrediteer is deur die Internasionale Olyfolieraad (IOC), het reeds ‘n groot aantal paneel- en drempelvlakkursusse regoor die wêreld aangebied en is by ONAOO geaffilieer as ‘n tutor, proeër en wetenskaplike adviseur. Die plaaslike proeërs het almal ‘n amptelike beoordelingskursus afgelê en die internasionale drempelvlaktoets geslaag.
Die Absa Top 5 olyfolies sal op 14 Oktober onthul word by Café Bon Bon in Franschhoek.
Gebruik die hutsmerke #ABSATop5 n neem deel aan die gesprek.
- Absa Top 10 Results - October 2, 2017
- SA Olive Awards 2017 Results - August 31, 2017
- Absa Top 5 Olive Oils Announced - September 28, 2016