Gabriëlskloof kry Franse flair vir sy viering van l’amour

Bederf jou geliefde en ontsnap op Sondag 11 Februarie na die idilliese Gabriëlskloof vir ’n spesiale driegang fees van kulinêre passie by hierdie prentjiemooi wyn en olyflandgoed buite Botrivier.

Valentynsdag val vanjaar op ’n weeksdag, maar gelukkig het Gabriëlskloof ’n manier gevind om te verseker dat geen liefde verlore sal gaan nie. Die Gabriëlskloof-span het bloot hul heerlike kuier van musiek en talmende betowering vir die vorige Sondag gereël, ’n hele drie dae voor die groot geleentheid; en ’n lekker kans om die liefde van jou lewe te verras.

En omdat die taal van die liefde natuurlik Frans is, sal dit ook die tema van hierdie spesiale geleentheid wees.

Jy sal verwelkom word met verfrissende vonkelwyn en heerlike oesters wanneer jy die koel, keurige tuin-binnehof van Gabriëlskloof se kelder bo-op die heuwel binnestap. Skuif dan ingehaak by jou liefde aan na ’n heerlike middag van grasperk-speletjies en pret, terwyl ’n tipiese Franse kafee trekklavier die agtergrondmusiek sal verskaf.

Die tema vir die middagete is ook Frans en dit sal sjef Frans Groenewald se passie vir heerlike vars, plaasprodukte mooi vertoon.

“Regdeur die geskiedenis is kos en wyn altyd teenwoordig waar daar liefde is,” sê Sjef Frans. “Vanjaar se Valentynsmiddagete by Gabriëlskloof sal geen uitsondering wees nie. Jy kan jou regmaak om weggeblaas te word, want Kupido se pyltjie het nog nie voorheen só lekker geproe nie!”

Crème brûlée is natuurlik ononderhandelbaar vir hierdie droomverlore fees (en blykbaar proe dit nog beter wanneer die verliefdes mekaar voer). En in dieselfde trant is die heerlike droë Gabriëlskloof Rosebud – ’n delikate rosé wyn in die Provensaalse styl van suidelike Frankryk.
Maar wat sal Valentyns nou sonder blomme wees? Gabriëlskloof het selfs daaraan gedink. ’n Pragtige uitstalling van manjifieke orgidees sal uitgestal word en te koop wees, danksy Stanford se Eikenhof Orchids. Duur rooi rose is in elk geval sulke ou nuus!

Komaan, wees die Romeo wat jou geliefde Valentyn verwag en bespreek vroegtydig, omdat die kaartjies beperk is. Hierdie romantiese middagete, wat jou glas vonkelwyn en oesters met aankoms insluit, kos net R400 per liefdesduifie. Die liefdes-ete begin om 12h00.

Bespreek jou tafel by tel: 028 284 9865 of per epos by restaurant@gabrielskloof.co.za.

Gabriëlskloof Landgoed – slegs 80 minute van Kaapstad – is net buite Botrivier geleë, op die Swartrivierpad, net af van die N2.

Gabrielskloof valentine celebration

Gabrielskloof