
Suid-Afrika se beste ekstrasuiwer olyfolies vir 2015 is onthul by die SA Olive-toekennings gisteraand (3 September) by Ashanti Estate. SA Olive-voorsitter Nick Wilkinson het die toppresteerders bekendgemaak tydens ‘n gala-ete wat ook die dekade-lange bestaan van hierdie gesaghebbende kompetisie herdenk het.
‘n Totaal van 19 premium ekstrasuiwer olyfolies het goue medaljes in drie kategorieë ontvang – 3 vir Delikate, 10 vir Medium en 6 vir Intense styl olies.
Die drietal goue medalje-wenners in die Delikate-kategorie is: De Rustica Delicate Press, Rio Largo Delicato en Tokara Mission Delicate EVOO.
Die top louere in die Medium-kategorie het gegaan aan Babylonstoren EVOO, De Boerin EVOO, De Rustica Mountain Press, De Rustica Frantoio Press, Kransfontein Frantoio-olyfolie, Lettaskraal EVOO, Marbrin Olive Growers Mild, Mont Rouge Olives, Porterville Olives Andante Mezzo en Wildekrans EVOO Field Blend Selection.
Die Intense-kategorie het ses goue medaljewenners opgelewer in Kransfontein Coratina-olyfolie, Mulderbosch EVOO, Pick ‘n Pay Finest SA EVOO, Porterville Olives Andante Intenso, Tokara Premium EVOO enWillow Creek Directors Reserve.
De Rustica het die meeste goue medaljes verower (3), gevolg deur Kransfontein, Porterville en Tokara (2 elk). Babylonstoren, De Boerin, Lettaskraal, Marbrin, Mont Rouge, Mulderbosch, Pick ‘n Pay, Rio Largo, Wildekrans en Willow Creek het elk 1 goue medalje losgeslaan.

Die kompetisie het vanjaar 91 inskrywings gelok wat meegeding het vir goud-, silwer-, en bronsmedaljes. Buiten die 19 goue medaljes, is 60 silwer en 10 bronsmedaljes toegeken.
‘n Span professionele proeërs het die medalje-aanspraakmakers omsigtig individueel geëvalueer in terme van kwaliteit, kompleksiteit en balans van aroma en smaak tydens ‘n vierdaagse blinde proe.
Die hoogsaangeskrewe proepaneel het bestaan uit die Internasionale Olyfolieraad (IOC)-geakkrediteerde paneelleier Mauro Amelio van die Italiaanse nasionale vereniging vir olyfolieproeërs (ONAOO), asook plaaslike olyfoliekenners Gerrie Duvenage, Kelly White, Leonard Arangies, Louise Rabie, Reni Hildenbrand, Robert Claasens, Benedetta Lami en Anne-Marie Ferreira.
Absa Olyfpresteerder van die Jaar
Die jaarlikse Absa Olyfpresteerder van die Jaar-trofee is toegeken aan Vittoria Jooste en Leonard Arangies uit erkenning vir hul belangrike bydrae tot die ontwikkeling van die bedryf.

Die SA Olive-toekennings word gul geborg deur Absa, Oliomio MORI-TEM en Pieralisi.
Volledige uitslae is beskikbaar hier.
- Absa Top 10 Results - October 2, 2017
- SA Olive Awards 2017 Results - August 31, 2017
- Absa Top 5 Olive Oils Announced - September 28, 2016
